Slaap Kindjie Slaap

R190.00

Sinvolle raad vir ‘n goeie nagrus.

Deur Megan Faure & Ann Richardson

Category:

Description

Ly jy aan slaapverlies omdat jou kleinding eenvoudig nie wil deurslaap nie? Is jy desperaat en moedeloos gesukkel? Hierdie nuwe boek deur die skrywers van die topverkoper Koester Jou Baba, bied sinvolle, eenvoudige oplossings om jou én jou baba van ‘n goeie nagrus te verseker deur gesonde slaapgewoontes te vorm.

Lees hier hoe jy dit doen deur

  • Realistiese verwagtings
  • Gepaste sensoriese ervarings bedags
  • Die regte slaapomgewing
  • Die uitskakel van honger of mediese oorsake as jou baba snags wakker word
  • Genoeg slaap bedags
  • Goeie slaapassosiasies sodat jou baba kan leer om homself snags te vertroos en op sy eie verder te slaap as hy wakker word
  • Oplossings vir kleingoed wat skeidingsangs ervaar.

Benewens hierdie riglyne, bied Slaap Kindjie Slaap ‘n kitsverwysigseksie waar desperate ouers vinnig oplossings vir ouderdomsverwante slaapkwessies sal vind. Hierdie boek volg ‘n sagte benadering tot slaapafrigting, gebaseer op jou baba se natuurlike vermoë tot selftroos en -kalmering, en hoe hy skeiding van jou hanteer.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Slaap Kindjie Slaap”

Your email address will not be published. Required fields are marked *